Pinkster



Handelinge 1: 6-8

Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?”

Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”

 
Die aangehaalde gedeelte uit die boek Handelinge dui heen op die uitstorting van die Heilige Gees soos beskryf in hoofstuk 2. Die woord wat hier met krag vertaal word is die woord dunamis, waarvan die woord dinamiet afgelei is. Soos ‘n dinamiet kers ‘n inherente krag bevat wat die vermoë het om alles te verander, gee die Heilige Gees aan ons ‘n inherente krag wat, as ons dit gebruik, alles kan verander.  Reg aan die begin van Lukas se Evangelie vertel Lukas van die boodskap van die Engel aan Maria wat vir haar gesê het: Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal lewe in jou wek (Lukas 1:35). Lukas en Handelinge het dieselfde skrywer en moet as ‘n opvolg gelees word. Soos die Heilige Gees geboorte gegee het aan die Seun van God, so is dit dieselfde Gees wat nuwe lewe wek in mense.
 
Komende Sondag vier Christene die wêreld oor Pinkster – die uitstorting van die Heilige Gees soos Christus beloof het. ‘n Nuwe begin en lewe vir sy dissipels en elke gelowige wat Sy Gees ontvang. ‘n Gees wat kragtig in en deur Christus se volgelinge werk.
Mag ons opnuut gereed wees om te volhard in diens van God se kragtige Gees, en onder leiding van Sy Gees elke dag in Liefde ‘n verskil te maak tot Sy eer.

Gebed:

Here, Laat u Gees, ons Voorspraak, ons elke oomblik lei. Lei ons om te volhard in die lewe, sodat ons kan getuig van U redding en Lewe; deur Jesus Christus, ons Verlosser. Lei en versterk ons in alle omstandighede deur die vertroosting en eenheid van U Heilige Gees, om nader aan U te leef. Amen.


André









 
Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...